Een van die mees uitdagendste fasette van die hedendaagse lewe is gesondheid. Reg om die wêreld spandeer regerings meer en meer geld om risikofaktore, wat lei tot swak gesondheid en vroeë sterftes, te bestry. Oordraagbare siektes, soos HIV/AIDS en Tuberkulose, is die hoof oorsaak van sterftes in ontwikkelende lande.  Kardiovaskulêre verwante siektes, Kanker, en Diabetes is die mees algemene mediese toestande wat tot sterftes lei in eerste wêreld lande. Die gevaar is dat hierdie siekte toestande baie vinnig besig is om selfs in ontwikkelende lande, soos Namibia, toe te neem. Ander mediese toestande soos Angs en Depressie is ook al meer algemeen wat n direkte invloed op lewens kwaliteit en interpersoonlike verhoudinge het.

Daar is 8 hoof faktore wat help om leefstyl siekte toestande te verhoed. Hiedie faktore word as volg opgesom: Voeding, Oefening, Water, Sonskyn, Selfbeheersing, Lug, Rus, en Vertroue in God (ook bekend as NEWSTART). Elk een van hierdie faktore word getoets en bespreek op n gesondheid expo.

Gesondheid expos word deur mediese personeel en vrywilligers behartig en aangebied om n gesonder leefstyl te bevorder en om sodoende gesondheid onder die aandag van die gemeenskap te bring. Wetenskaplikes beweer dat as die raad, wat op n gesondheid expo met die publiek gedeel word, deur die publied gevolg word kan hulle kanse om kanker en kardiovaskulêre siektes, byvoorbeeld, met 60-70% en 70-80% onderskeidelik daal. Lewensverwagting, met n hoër lewens kwaliteit, kan met 6-12 jaar verbeter . Dit bring natuurlik mee dat mediese onkostes verminder wyle ons n gesonder lewe lei.

Sien u by die volgende Gesondheid Expo.

Teken In

April   2024
S M D W D V S
  1 2 3 4 5 6
7 8 9 10 11 12 13
14 15 16 17 18 19 20
21 22 23 24 25 26 27
28 29 30