Dis daardie tyd van die jaar waar dit een jaareindfunksie na die ander is en die lekkerste happies en drankies bedien word.  Met ons aandag op ons klere, naels,hare en grimering vergeet ons dat ons eintlik honger is en kom rasend by die funksie aan.  Weg is die wilskrag en jou goeie vernemens om HIERDIE Desember weer in jou tweestuk in die see te swem en die lewe voluit te geniet !  Voor jy jou kon kry, lê jou bordjie vol tandestokkies - net die oorblyfsels van klein happies met die grootste gewig impak.  Ai tog !  Aaag nou ja - die koeël is nou reeds deur die kerk so... kelner bring asseblief nog een !  As jy gewig wil verloor moet jy planne hê VOOR die lokvalle opduik - EET voor die funksie, maak SEKER dat jy nie honger by die geleentheid aankom nie.  Terwyl die ander hulle vergryp aan die vrekselse verversings, hou 'n mint lekkertjie of kougom in jou kies en glimlag met selfvertroue oor jou glasie nie-alkoholiese drankie soos "passionfruit en soda" of "rock shandy" - soveel meer styl ! 

Teken In