WEEG !


Nee, nie die kos nie... jouself ! Mense onderskat die belangrikheid van jouself weeg. Dit kan die verlore sleutel tot 'n stabiele gewig wees. 'n Finse studie het getoon dat mense wat die skaal vermy inderdaad gewig aansit.
"Om jouself gereeld te weeg maak ou meer bewus van jou gedrag", sê die studieleier dr. Elina Helander-Renvall.  Weeg jouself Dinsdag oggend eerste ding voor jy enige iets eet of drink sonder klere. Hoekom 'n Dinsdag ? Omdat mens gewoonlik meer as gewoonlik eet oor 'n naweek - gee jou liggaam kans om te balanseer. Dinsdag oggend sal jy weet wat die skade is van die naweek se ooreet of reg eet. Weeg jouself weer Vrydag oggend om te sien hoe suksesvol die week afgeloop het en om jou 'n idee te gee watter eetgewoontes die naweek gevolg moet word. Ten tye wat ons die bangste is vir die skaal is baie keer die kere wat ons die beste gewig verloor het. ONTHOU: Jou waarde word nie bepaal deur die skaal nie, jou gesondheid doen... so... knyp jou oë toe en byt op jou tande en KLIM OP DIE SKAAL.

Teken In