"Net so lekker sonder die room..."

Volgende keer as daar 'n "Jan Ellis" of malva pudding beplan word, instede van die koppie room vir die stroop...
probeer laevet ingedampte melk. Geen verskil word aangetref in smaak of tekstuur nie.

Wat van jou gunsteling patee wat soveel room verlang ?
Probeer gerus vetvry maaskaas ! Maaskaas is 'n baie suksesvolle plaasvervanger en met slegs 350 kj vir 1/2 koppie teenoor 1800 kj vir dieselfde hoeveelheid room ! Genugtig - dit is goeie nuus ! Behalwe vir die vet besparing is maaskaas 'n goeie inkomste van proteien, so geniet die patee rojaal, en skep 'n klein blokkie malva pudding vir nagereg !
Onthou: Jou waarde is nie gekoppel aan jou gewig nie, maar jou gesondheid is !

 

Teken In