"'n appel 'n dag..."

Maak enige sagte gebak (koek, kolwyntjies, oond pudding) VETVRY - ja vetvry...
Die perfekte plaasvervanger vir olie / botter is dieselfde hoeveelheid verpulpte vrugte. As die resep vra vir 1 1/2 koppies olie, gebruik 1 1/2 koppies vrugte. Enige verpulpte vrugte werk goed, maar vir 'n minder definitiewe smaak gebruik appelsous. 'n Vars appel kan opgekook en verpulp word, of 'n gekoopte blikkie tertappels fyngemaak en gebruik word - vries wat nie gebruik word nie. In 'n wortelkoek is verpulpte piesang weer 'n uitstekende opsie vir die ekstra smaak, en net deur die olie in hierdie heerlike koek te vervang spaar reeds 'n allermintige 12 950 kilojoules !! Niemand gaan enige verskil aan die smaak of tekstuur agterkom nie en die beste is... instede van een snytjie kan jy dalk TWEE bekostig. Onthou: Jou waarde is nie gekoppel aan die nommer op die skaal nie, maar jou gesondheid is.

Teken In