Kook sonder olie ("dry frying")

Olie is geweldig hoog in kilojoules - 'n skamele eetlepel is gelykstaande aan 500 kj. Dit klink nie baie nie totdat jy besef dat 4000 kj toegelaat word per dag vir 'n stabiele gewig nie. Enige dikboom pot sal werk - spuit met kleefwerende sproei (spray & cook) en verhit oor matige hitte. Gooi uie in pot en roer totdat die uie ietwat verbruin. Gooi nou eetlepel water of aftreksel by so eetlepel op 'n slag terwyl jy vinnig met 'n houtlepel roer - die water sal baie stoom veroorsaak wat die uie versag. Sit nou vleis in en roerbraai tot mooi bruin. Volg die resep verder presies soos wat jy sou doen toe olie gebruik is. Vir meer informasie, kyk gerus die video hier onder.

 

Teken In