Slide2 200Liptien is 'n hormoon wat elke persoon in sy liggaam het. Liptien word gemaak deur vetselle, so as jy baie vetselle het, het jy baie hoë vlakke van liptien, en as jy min vetselle het, het jy lae vlakke van liptien.  Liptien se werk is om die brein te vertel hoeveel vet in die liggaam is.  Hierdie informasie gebruik die brein om jou metabolisme en aptyt te beheer sodat hy seker kan wees dat daar genoeg vetreserwe is om jou deur hongersnood of ernstige siekte te dra. Waarom is dit dan dat vetsugtige mense baie keer hulle beste probeer en als volgens die boek doen, maar hulle verloor net nie gewig nie ? 

Slide4 200Daar kan 'n "blokasie" in die brein ontstaan wat keer dat liptien sy vetsel boodskap aan die brein oordra.  Alhoewel daar baie liptien is maar nie by die brein uitkom nie, aanvaar die brein dat die persoon se vetselle totaal en al opgebruik is en die persoon ampter dood is van die honger.  Die brein stop onmiddelik die metabolisme en Teselfdertyd kan die hormoon "Grehlin" OOK nie by die brein uitkom nie.  Grehlin word deur die maag afgeskei wanneer versadigheid bereik word.  Die brein kry nooit die boodskap dat jou maag genoeg gehad het en dat aptyt kan ophou nie.  Die liggaam bly verhoog die aptyt om vetselle aan te help terwyl die persoon oorgenoeg daarvan het.

 

Vrouens het twee keer meer liptien in die liggaam as mans, maar ongelukkig 'n 2 keer groter kans om 'n liptien blokasie te ontwikkel....

Wat veroorsaak hierdie "blokasie" ?

1. MSG (monosodium glutamate) Dit word deur die kos-industrie en restaurante gebruik om kos te geur.  Inderwaarheid het MSG geen smaak van sy eie nie, maar oortuig die brein dat die kos lekkerder proe as wat dit in werklikheid doen.  Aromat en Fondor besit groot maat MSG maar lees gerus die etikette op kruideniersware en probeer produkte koop sonder hierdie bestanddeel. 

2. Insulien - Hierdie hormoon reguleer jou bloedsuiker wanneer groot hoeveelhede suiker in die bloed ingestoot word.  Insulien afskeiding kan beheer word deur "Lae GI" kosse te eet wat stadig suiker vrystel deur die loop van die dag.  Vermy alle verfynde koolhidrate (wit meel, wit brood, wit rys, wit pasta, koek, tert, lekkers, suiker koeldrank ens.)  Eet liefs volgrane, sade, boontjies, ertjies, vrugte met skil - enige produk wat 'n hoë vesel inhoud bevat beveg groot maat insulien afskeiding.

3. Fruktose - Vrugtesuiker is gesond, maar 'n oormaat kan nadelig wees.  2 x vrugte per dag is genoegsaam vir 'n gebalanseerde dieët.  Vermy vrugtesap - eet liewer die vrug met skil en al en geniet die vesel inhoud terselfdertyd.  Lees voedsel etikette en vermy te alle tye 'n bestanddeel : "fructose corn syrup"- hierdie produk is bekend om die "blokasie" aan te hits.

4. Rooi vleis - rooi vleis het is 'n "hoë GI" proteien en kan verminder word en vervang word met plantaardige proteien, vis en hoender en natuurlik wild.

5. Kitskos - alle kitskos bevat MSG, die koeldrank wat daarmee saam bedien word "fructose corn syrup" en die brood is verfynd - bly weg !

6. Kortisol - Hierdie stres beheer hormoon gryp glukose uit spiere en tot bene en hits jou aan om verfynde koolhidrade te eet en indien dit nie onmiddellik benut word nie, stoor die liggaam hierdie ongebruikte glukose om jou middellyf - hou jou stres vlakke laag - oefen of gaan vir berading.

Nou dat die blokasie uit die weg geruim kan word, kan insulien duidelik met die brein kommunikeer en kan die liggaam homself help om die ekstra "vetjies" te verloor sonder om kosdrange te beleef.

 

Teken In

April   2024
S M D W D V S
  1 2 3 4 5 6
7 8 9 10 11 12 13
14 15 16 17 18 19 20
21 22 23 24 25 26 27
28 29 30