Vir ons walg die idee van 'n vetsugtige man met 'n wit lappie deur die boudjies, maar in Japan word hierdie manne die hande gedra en vereer vir hulle gewig.  Hoe swaarder hoe beter en 'n baie spesifieke manier van eet op sekere tye van die dag help hierdie mans om hierdie tipe gewig te kan bereik.  Kom ons kyk bietjie... Eet laat in die aand (20:00 en later), gaan slaap of wees onaktief, slaan oggendete oor en eet 'n baie groot middagete, wees onaktief, eet laat aand ens. ens. ens.  Dink mooi aan jou eie leefstyl...klink dit nie bekend nie?  Veral die laat aand eet en die onaktiewe gedeelte?  As jy gaan slaap gaan slaap jou verteringsstelsel ook!  Jou maag vat tenminste 4-5 uur om kos te verteer en aan te stuur na die res van die spysverteringsstelsel.  As ons laat eet, bly die kos in die maag tot die volgende oggend.  Op 'n vol maag is ons nie honger nie, slaap ons ontbyt oor (lees artikel oor ontbyt oorslaan) en maak ons swak kos keuses teen die tyd dat ons weer honger is.  Gewoonlik is dit teen 11:00 terwyl ons by die werk is, dit nie moontlik is om gesonde kos voor te berei nie, tien teen een nie 'n gesonde maaltyd ingepak nie - elke liewe resep vir 'n mislukking. Ons wil graag NIE soos die Sumo stoeier lyk nie, dus... moet nooit ontbyt oorslaan nie, eet 'n gesonde middagete, wees aktief en eet vroeg aand klaar.

 

Teken In

Maart   2024
S M D W D V S
          1 2
3 4 5 6 7 8 9
10 11 12 13 14 15 16
17 18 19 20 21 22 23
24 25 26 27 28 29 30
31