Om gewig te verloor, en aan te hou verloor kos beplanning, maar moenie afgeskrik word daardeur nie, dit hoef nie ingewikkeld te wees en baie tyd in beslag te neem nie.  Gaan sit oor die naweek na ete (sodat jy nie honger is nieI) en beplan die komende week se spyskaart oordeelkundig.  Nie net gaan dit jou begroting 'n guns bewys nie, maar jou liggaam gaan die voordeel geniet.  Koop die hele week se kruideniersware een slag - daar verdwyn die moeite van elke middag by die winkel stop ook sommer!  Om moeg namiddag by die huis te kom, die yskas oop te maak en in  'n leë yskas te kyk gaan beslis nie help nie.  Net nie moet jy nou na strooihalms gryp wat vanaand geeët moet word nie, maar of jy al die bestanddele het is 'n ander saak.  Tussendeur hierdie krisis beheer moet ons nog die honger wolwe hoor huil: "mamma, ek is honger" of "liefie, hoe lyk die kos ?"  Genoeg om enige iemand te laat klei trap en gou die gevriesde pasteie uit te haal of Panarotti's te bel! Onhou om kos wat by die werk geeët moet word ook in jou beplanning in te werk, voor te berei en SAAM TE VAT want: "she who fails to plan, plans to fail"

 

Teken In

April   2024
S M D W D V S
  1 2 3 4 5 6
7 8 9 10 11 12 13
14 15 16 17 18 19 20
21 22 23 24 25 26 27
28 29 30