Vandag gebeur alles met 'n "quick fix" - ons spandeer nie ure met skoen gom en klampe nie - nee wat !  ons koop sommer gou-gou 'n nuwe paar.  Herwin ons saadjies vir die nuwe seisoen se blomme ? nooit gesien nie - daars nie genoeg tyd nie - ons koop sommer nuwes.  Probeer ons bietjie geld spaar deur vir ons kinders met oorskiet wol 'n trui te brei?  alle wêreld nooit gesien nie - ons koop sommer 'n baadjie.  Die dae van tyd en geduld en moeite is besig om uit te sterf saam met die vorige generasie.  Alles is vinnig en nou en beskikbaar.  As dit kom by kosmaak bleik hierdie gedagtegang aan te gaan.  Oppad huis toe na 'n lang dag of na 'n middag van huiswerk en buite muurse aktiwiteite, sien ons kans vir 'n maaltyd beplanning, voorbereiding, sorgvuldige en gesonde kookmetodes en 'n berg se skottelgoed opwas, of lyk 'n vinnige kitskos "verby ry" opsie die maklikste en minste moeite?  Sorgvuldige voorbereiding en skottelgoed gaan ALTYD tweede kom as jy nie 'n gewetensbesluit vir jou en jou familie maak nie.  Gesonde kos HOEF nie in 'n 2 uur ekspidisie te ontaard met 'n berg skottelgoed nie - daar is soveel kookboeke beskikbaar wat 'n 30 minute gesonde, heilsame eenpot gereg idees beskikbaar stel.  Al wat nodig is is 'n bietjie beplanning - vat 30 minute oor die naweek om die week se 30 minute eenskottelgeregte te beplan en seker te maak dat alle bestanddele beskikbaar is vir die besige week wat voorlê.  Maak sommer seker om die kinders ook te leer hoe om 'n vinnige gesonde maaltyd sonder baie moeite te kan saamslaan sodat wanneer hulle ons huise verlaat, hulle voldoende kennis besit om nie maaltyd vir maaltyd wegneem etes te bestel, en so, hulle geld en gesondheid in die water te gooi nie.

 

Teken In

April   2024
S M D W D V S
  1 2 3 4 5 6
7 8 9 10 11 12 13
14 15 16 17 18 19 20
21 22 23 24 25 26 27
28 29 30