As ek kan kies tussen kook en bak kies ek tien keer bak voordat ek moet kook.  Ek is glad nie 'n avontuurlistige, ywerige kookster nie - ek kook want dis gesond en ek 'n familie het maar entosiasties en kos maak staan nie saam in my sin nie.  Daar is iets wat my van 0 tot 100 kan inspireer dat ek in my kaste krap en onmiddellik die potte se deksels laat bibber tot watter tyd  - 'n goeie kosprogram op die TV!  Sjoe!  Die kokke weet darem net hoe om die geure met mekaar te laat "praat" en hulle maak alles uit niks en dit lyk heeeerlik en so maklik!  As hierdie kosprogramme my uit my kook hibernasie kan skud, hoeveel te meer vir 'n persoon wat LIEF is vir kook en eet ?!  Indien jy gewig wil verloor moet liefs nie die kosprogramme op TV kyk nie - die bobaas kokke hou nie noodwendig jou gewig in aanmerking terwyl hulle die heerlikste konkosies opdis nie.  Ons almal sal saamstem dat dit 'n slegte idee is om 'n alkholis in 'n drankwinkel te laat werk - dit is nie so anders vir 'n emosionele eter om na kosprogramme te sit en kyk nie.  Trek liewer jou tekkies aan en gaan stap met die hond in die tyd wat die program aangebied word - soos die engelsman sê: "what you don't know won't hurt you".
Onthou: Die nommer op die skaal bepaal nie jou waarde nie, maar wel jou gesondheid ! 

Alle voorspoed !

 

Teken In

Julie   2024
S M D W D V S
  1 2 3 4 5 6
7 8 9 10 11 12 13
14 15 16 17 18 19 20
21 22 23 24 25 26 27
28 29 30 31