Die ontkenner is 'n persoon wat ontken dat hy of sy 'n gewigsprobleem het.  Ons kyk elke dag in die spieël en oortuig onsself dat die probleem glad nie so groot is soos wat dit is nie, deels omdat gewigtoename stadig genoeg gebeur dat ons oë aan elke ekstra sentimeter gewoond raak.  Hierdie ontkenning vind maklik plaas wanneer ons nie op die skaal klim of onsself in ons swembroek afneem nie.  Een van die grootste redes van ontkenning is as ons ons waarde koppel aan die nommer op die skaal... onthou asseblief dat die skaal nie jou waarde as mens kan bepaal nie - jou gesondheid word daardeur bepaal, maar nie jy as mens nie.  Dit is veels te maklik om 'n groter broek of bloes te koop as om te erken dat ek nodig het om aan my fisiese voorkoms te werk.  As jy dink dat jy dalk 'n ontkenner is: eet vandag voor die spieël...SONDER KLERE!  Klim vandag op die skaal en begin jou reis na 'n maerder en gesonder jy. Haal die fotoboks uit en vergelyk jou met 'n jaar of twee gelede.  Haal die somersklere vandag nog uit die tasse en pas aan - daar is nog oorgenoeg tyd om seker te maak jy pas daarin hiedie Deseber by die see.

 

Teken In

April   2024
S M D W D V S
  1 2 3 4 5 6
7 8 9 10 11 12 13
14 15 16 17 18 19 20
21 22 23 24 25 26 27
28 29 30