Ai, met die spoed waarmee ons deesdae deur ons dae vlieg is dit glad nie verbasend dat ons met die spoed van lig ons etes afwurg nie!  OF 'n volgende afspraak jaag ons deur ons maaltyd OF na 'n dag van min eet of swak kos keuses los ons honger soos wolwe en hoe vinniger die kos kan gesluk word, hoe vinniger voel ek versadig.  Behalwe dat dit baie ongesond en vermoeiend vir die verteringsstelsel is om halfgekoude kos ordentlik te verteer neem dit 20 minute vir die brein om die boodskap van die maag te ontvang dat versadigheid bereik is.  Omdat ons ons kos in rekord tyd verorber gee ons nie die maag kans om vir die brein te laat weet of ons werklik nog honger is of nie en skep ons weer en nog 'n keer om van die honger gevoel ontslae te raak.  Teen die tyd dat die boodskap by die brein kom voel ons ongemaklik geeët, lui, slaperig en put glad nie die krag uit die kos waarvoor dit ontwerp was nie.  Gee jouself 30 minute per maaltyd.  Konsentreer op elke happie, kou dit ordentlik en gee 20 minute kans voor jy weer skep - 10 teen 1 gaan jy voel dat 'n tweede en derde porsie glad nie nodig is nie.

Teken In

April   2024
S M D W D V S
  1 2 3 4 5 6
7 8 9 10 11 12 13
14 15 16 17 18 19 20
21 22 23 24 25 26 27
28 29 30