Die asdrom eter is nie 'n persoon wat uit die asdrom uit eet nie... maar iemand wat sy mond as 'n asdrom gebruik. Eet jy die halwe koekie op die koffietafel wat iemand nie geeët het nie, of die laaste happie pizza in die kinders se bordjie.  Drink jy dalk die melkskommel wat die kinders bestel het maar nie aan geraak het nie want: "mamma ek is vol?" As jy die katjiebotter van die mes af lek nadat jy skoolbroodjies gemaak het of die oorskiet kos ophap voor die borde in die skottelgoed water beland is jy beslis 'n asdrom eter.  Onthou, elke bietjie tel - of dit op die bord is of nie... klomp KLEIN happies maak later HOPE kos.  Aan die einde van die dag is ons honger al het ons die hele dag ge"wei" en verstaan ons nie wat met die skaal aangaan nie. Gooi die kinders se skool kosblik oorskiet onmiddellik in die drom sonder om twee keer te dink.  Leer jou kinders dat hulle sal eet wat hulle bestel - al beteken dit dat hulle een gereg deel en weer iets kan bestel as hulla na 20 min nog honger is.  Pasop vir die halwe roomys wat met 'n klein handjie onder jou neus gedruk word of die verjaarsdag wegneem pakkie wat onder die kar se sitplek uitdop !  Moenie eers in die pakkie KYK nie - gee dit vir die eerste beste kind wat jy raakloop!  Maak 'n nuwe reël dat elkeen sy eie bord kombuis toe neem, die oorskiet uitkrap en die skoon bord by die wasbak / skottelgoed masjien sit vir opwas.  Sonder familie ondersteuning is alles twee keer moeiliker VERAL as dit by klein kindertjies en hulle eetgewoontes kom.
Voorspoed !

Teken In

April   2024
S M D W D V S
  1 2 3 4 5 6
7 8 9 10 11 12 13
14 15 16 17 18 19 20
21 22 23 24 25 26 27
28 29 30