Die middernagtelike peuselaar !

Hoe weet jy daar was 'n olifant in jou yskas ? Antwoord: Jy kan sy spore in die botter sien... die middernagtelike
peuselaar los nie net spore in die roomkaas, provita krummels op die vloer en leë kondensmelk blikkies in die drom nie, hulle los ook etlike kilogramme om die middellyf ! Middernagtelike peuselaars se liggame maak hulle wakker vir hierdie  "buite egtelike verhouding" met die yskas. Baie peuselaars is totaal in ontkenning vir die hoeveelheid of die tipe kos wat hulle eet terwyl ander slaap. Dit is asof die kos nie "tel" as dit nie voorberei word en gerangskik word op 'n bord nie. As jy nie die hoeveelheid kan SIEN op een slag nie is dit baie misleidend hoeveel 'n persoon kan inwurm en dan glad nie verstaan wat met die skaal aangaan nie. Die beste wat jy kan doen is om vir 3 nagte 'n natuurlike slaapmiddel te neem sodat jou liggaam nie wakker word vir die middernagtelike fees nie. Verwyder alle versoekings uit die yskas, kaste, laaie en spens, gooi dit in 'n geskenke sak en gee dit aan jou maer vriendin, ouetehuis, koshuis, kinderhuis, enige huis behalwe joune ! AS jou liggaam jou NOU wakker maak is daar net wortel en komkommer stokkies wat jou kan roep en kan jy rustig weer aan die slaap raak. As jy dalk vermoed dat jou middernagtelike peuselry nie die nommer een rede is vir gewigstoename
nie daag ek jou uit om 'n "Kos Opeet Joernaal" (KOJ) te begin. Skryf ALLES op wat oor jou lippe gaan en VERAL dit wat in die nag ingeneem word. Die feite lyk miskien anders as wat jy jouself voorgestel het. As jy wakker lê oor probleme of bekommernisse... lees die artikel oor "die emotionele eter" en sorteer uit wat jou so ontstel - dit is nie die moeite werd om met 'n lewensstyl siekte te worstel as jy ouer is nie. Onthou: Jou waarde is nie gekoppel aan die nommer op die skaal nie, maar jou gesondheid is !

 

Teken In

Maart   2024
S M D W D V S
          1 2
3 4 5 6 7 8 9
10 11 12 13 14 15 16
17 18 19 20 21 22 23
24 25 26 27 28 29 30
31