Die Emosionele eter

Baie mense word deur hulle emosies aangehits om te eet. Nie net kry sekere mense vertroosting teen hartseer in kos nie maar baie gebruik kos as 'n beloning. Die emosionele eter word baie maklik in 'n bose kringloop vasgevang... ek voel sleg, ek eet, ek voel skuldig, ek eet meer.

Hoe weet ek of ek 'n dalk emosionele eter is ? Toets jouself:
1. Eet ek as ek gestres is ?
2. Vind ek troos in kos ?
3. Ek kan myself nie keer as dit by kos kom nie ?
4. Ek eet om gelukkig te voel ?
5. Ek eet as ek gelukkig is ?
6. Die eet van kos fasineer my ?
7. Ek eet al is ek reeds versagdig ?
8. Ek dink aan kos of my volgende maaltyd al is ek versadig ?
9. Ek kry vertroosting terwyl ek eet ?

As ouers moet ons versigtig wees om nie ons simpatie met ons kinders se probleme te wys deur "kos" as troos nie, bv. "aaaaag toemaar, kom ek gee vir jou 'n lekker .......... ". Tot die dokter gee vir 'n kind 'n suigstokkie as die kind "soet" en braaf was. Geen wonder ons voel ons verdien 'n spesiale beloning na 'n baie stresvolle dag by die werk, of by die aanhoor van 'n verhoging of goeie prestasie nie. Geboorte van 'n nuwe baba word gevier met "bring elkeen 'n bordjie", en sterfte word berou deur "bly vir ietsie om te eet". Troues is bekend vir 'n bufet met kos te kies en te keur, verjaarsdae kan nie sonder koek nie en dan praat ons nie van Kersfees en paasfees nie. Geleenthede en kos is met kultuur vasgeweef, ons sal MOET leer om ons verhouding met kos te verbreek. Vind jou troos by die Here en 'n sielkundige wat praktiese raad kan gee. Lang jare weet ons dat berading nie vir swakkelinge is nie - elkeen het nodig om met iemand te praat - die engelse gesegde: "a problem shared is a problem halved" is tog so waar. Maak oop die deure van jou hart, maak skoon jou hartkamers en begin die pad terug na 'n gesonder nommer op die skaal.

 

Teken In

April   2024
S M D W D V S
  1 2 3 4 5 6
7 8 9 10 11 12 13
14 15 16 17 18 19 20
21 22 23 24 25 26 27
28 29 30