Die Onbewustelike eter

In vandag se tyd is dit die norm om die kos uit te stal op die pragtige etenstafel, op te skep en dan op die skoot voor die TV as 'n gesin te sit en eet. Nie net gaan waardevolle familietyd verlore nie, maar navorsing wys vir ons dat die gemiddelde persoon 5 KEER meer eet voor die TV, in die kar, voor die rekenaar of enige ander plek anders as by die etenstafel.  Sielkundige studies toon duidelike verwantskappe tussen kinders wat kan "nee" sê vir groepsdruk en kinders wat maaltye saam met hulle familie om 'n etenstafel eet waar algemene geselskap gevoer word. Watter rede is die belangrikste om die TV af te skakel en saam met die gesin 'n waardevolle 20 minute te spandeer in ons chaotiese leefstyl, die feit dat ons heeltemal te veel eet terwyl ons gedagtes op die TV fokus, of omdat ons kinders beter toegerus gaan word teen die wrede versoekings van die wêreld.

 

Teken In

April   2024
S M D W D V S
  1 2 3 4 5 6
7 8 9 10 11 12 13
14 15 16 17 18 19 20
21 22 23 24 25 26 27
28 29 30