Wat is 'n kilojoule ? 

Kilojoules is die hoeveelheid energie wat binne kos en drank is, en die bedrag van die energie wat gebruik word wanneer ons beweeg. Energie word in kilojoules gemeet net soos afstand in kilometer gemeet word. Daar is lande wat verkies om energie in kalorieë te meet, dit is bloot net soos party mense verkies om nog in onse en pond te werk. Om te weet hoeveel kilojoules in 'n produk is as jy 'n kalorie waarde het is om met 4 te maal bv. 86 kalorieë is 86 x 4 = 344 kilojoules (kj). 'n Onaktiewe dames persoon het ongeveer 4000 kj nodig om gewig te laat stilstaan, dus sal 3500 kj gewig laat afneem en 4500 kj gewig laat toeneem. Verskillende kosse bevat seker hoeveelheid kj - kom ons kyk na 'n paar:

1 sny brood = 282 kj
1 appel = 300 kj
2 koppies vrugteslaai = 925 kj
1 sny shokolade koek = 983 kj
1 avokadopeer = 1346 kj
5 dadels = 1390 kj
1 koppie muesli sonder melk = 1209 kj
1/2 koppie pronutro sonder melk = 1544 kj
1 gesmelte kaas en eier broodjie = 1423 kj
1 pretzel sonder enige vulsel = 2022 kj
1 koppie volroom melk = 685 kj
1 koppie vetvry melk = 373 kj
1 eetlepel olie = 518 kj
1 1/2 koppies olie (soos vir wortelkoek) = 12950 kj

As jy bietjie wil gaan kyk watter kilojoule inname jou gunsteling kosse bevat, laai gerus die gratis "app" af:
"fatsecret" - dit het baie suid afrikaanse produkte ook op wat ons in ons winkels kry en is baie maklik om te verstaan en hanteer.

Teken In

April   2024
S M D W D V S
  1 2 3 4 5 6
7 8 9 10 11 12 13
14 15 16 17 18 19 20
21 22 23 24 25 26 27
28 29 30