Onkundige bydrae tot gewigs toename - PORSIE GROOTE !

 

PASOP !  Nie net het die gemorskos in die laaste 50 jaar aansienlik toegeneem nadat dit van ongesonde Amerika af oorgewaaihet nie, maar die porsie groote raak net al hoe groter !  Ons aanvaar te maklik dat die restaurant die regte porsie grootte vir ons opdis.  Hoe weet ek hoeveel ek moet eet en wanneer ek liefs vir die kelner vir 'n "woefie kardoesie" moet vra ?

Die antwoord lê in jou hand... LETTERLIK !  Een sny brood die grootte van jou hand, vleis - die grootte van jou handpalm, rys,pasta, aartappel ens. - die grootte van jou vuis, groente - 2 vuiste, en vet - net die voorste lid van jou wysvinger !  Hoe groter jou liggaam, hoe groter porsie grootte, maar GLAD NIE wat deesdae as 'n maaltyd beskou word nie.  Pas jou porsie grootte aan tot jou liggaamsgrote, en jy mag dalk verbaas wees wat die skaal volgende week sê. 

Onthou: Jou waarde is nie gekoppel aan jou gewig nie... maar jou gesondheid is ! 

 

Tot volgende keer

Teken In

April   2024
S M D W D V S
  1 2 3 4 5 6
7 8 9 10 11 12 13
14 15 16 17 18 19 20
21 22 23 24 25 26 27
28 29 30