Watter dieet moet ek volg ?  Daar is so baie ?!

Vandag is daar so baie dieet planne wat “werk”, wie van ons het nie al desperaat die koolsop dieet probeer of later oorgegee aan inspuitings of hongerstaking nie. 

Almal van ons is maar op soek na die VINNIGE oplossing – seker omdat ons in ‘n kits wêreld lewe met kits oplossings.  Dink maar - in plaas van iets regmaak wat tyd gaan neem, gooi ons liewer weg en koop ‘n nuwe een – moeite en tyd is eenvoudig ‘n luuksheid in ons lewens vandag en ons verloor die konsep van geduld en moeite.

Die realiteit is ongelukkig dat so vreeslik baie mense ‘n eetplan volg net om alles wat hulle verloor het weer op te tel en in baie geval DUBBELD !

Die mees algemene redes waarom mense nie langtermyn daarmee kan volhou nie is:

•             Koste is te hoog

•             Spesiale kos moet aangekoop word en algemene kos in spens kan nie gebruik word nie

•             Bang vir naelde

•             Te lui om alle kosse te weeg

•             Te veel tyd om kiloujoule waarde van elke kos kriesel in boekie op te soek

•             Word net te honger

•             Kos drange (cravings) word oorheersend

•             Te veel moeite om vir familie appart kos te maak

•             Gesin gunstelinge (Kerrie en rys, macaroni en kaas, melkkos, vleis en pap) kan nie geniet word nie.

•             Eenskottel geregte kan nie gemaak word nie – alles moet appart geweeg word

•             Eetprogram kan nie Kersfees en vakansies gevolg word nie

In kort – die program pas nie by die persoon aan nie, die persoon moet by die program aanpas en is nie volhoubaar nie.

Waarom weer die gewig op tel ?  Baie eenvoudig : Daar is redes vir elke persoon om ekstra gewig op te tel -  of:

•             onkunde, of

•             slegte eetgewoontes, of

•             medies

Leer hierdie eetplanne jou om jou eie struikelblokke te identifiseer en aan te spreek ? In die meeste gevalle is die antwoord “nee”.  Wat gebeur automaties as mens dan, vir watter rede ookal, besluit om terug te keer na ‘n gewone leefstyl?  Presies – ons keer terug na dit wat ons “weet” – en doen presies “dit” wat ons laat gewig optel het in die eerste plek.  Ek is nie ‘n voorstaander van enige eetplan wat lang termyn aanraai om ‘n voedselgroep / makro-nutriente uit te skakel nie – mens se liggaam is ontwerp om nutriente uit elke voedselgroep te trek om optimaal te funksioneer, so persoonlik vermy ek enige eetplanne wat proteien, koolhidrate, of vet uit ‘n lewensstyl neem.  My persoonlike opinie is dat mens nie die eetplan kan volhou nie, dit nie gesond is nie, en dit nie goeie eetgewoontes aanleer nie. Ja, onmiddelikke resultate mag dalk ‘n realiteit wees, maar wat is die langtermyn gevolge ?  As mens byvoorbeeld ‘n deeglike studie van die skildklier doen wat metabolisme reguleer, speel koolhidrate ‘n baie belangrike rol.  Die brein se hoof “kos” is glukose wat direk van koolhidrate afkomstig is... Moenie versoek wees om vir ‘n kits oplossing jou liggaam te laat skade ly op die lange duur nie.

Kyk bietjie op “inbalans” se webwerf vir ‘n paar gewoontes / struikelblokke wat gegrond is op “onkunde” wat dalk ‘n bydrae kon maak ten opsige van jou gewigtoename.

Groetnis

Teken In

April   2024
S M D W D V S
  1 2 3 4 5 6
7 8 9 10 11 12 13
14 15 16 17 18 19 20
21 22 23 24 25 26 27
28 29 30