Liggaams massa indikator (LMI) of Middellyf omtrek ?

Liggaams massa indikator is ‘n wyse hoe mens kan bepaal of mens ondergewig, normaal of oorgewig is deur ‘n grafiek (beskikbaar op internet onder BMI) te volg.  Deur jou lengte en massa grafiek lyne te volg tot waar hulle kruis is die metode hoe om hierdie LMI te bepaal. Hierdie getal is dieselfde vir beide mans en vroue.

Ondergewig Minder as 18.4%
Normaal 18.5% - 24.9%
Oorgewig 25% - 29.9%
Vetsugtig Meer as 30%

 

‘n Alternatiewe manier om hierdie syfer te bepaal is deur die volgende formule te gebruik:

Gewig

Lengte x Lengte

 

Voorbeeld:

67 kg

1.68 m x 1.68 m

=

67 kg

2.8 m

= LMI = 23.9

In meeste gevalle is die Liggaam massa Indikator baie suksesvol, maar bleik probleme te veroorsaak wanneer liggaamsbouers deel neem.  Omdat spiere meer weeg as vet, en veral as so ‘n persoon nie merkwaardige lengte het nie, wys die LMI van so ‘n persoon telke male as oorgewig of partymaal selfs vetsugtig terwyl die persoon in werklikheid eintlik ‘n baie lae persentasie vet bevat.  Baie versekerings maatskappye vrae die LMI van ‘n persoon aan om premie bedrae uit te werk en in die geval van spierbou atleet kan die bedrag maklik foutief wees. Die alternatiewe metode en meer populêre een tans is:

Middellyf omtrek

Hierdie metode verg slegs die mate te neem met ‘n maatband van ‘n persoon se middellyf.  Mans meet om die middellyf direk om die naeltjie terwyl dames die maatband om die dunste gedeelte van die middellyf draai.

 

 

Dames

Normaal = 64-80 cm

Oorgwig = 80 - 88 cm

Vetsugtig = 88 cm en meer

Mans

Normaal = 78 - 94 cm

Oorgewig = 94 - 102 cm

Vetsugtig = 102 cm en meer

 

 

 

Teken In

April   2024
S M D W D V S
  1 2 3 4 5 6
7 8 9 10 11 12 13
14 15 16 17 18 19 20
21 22 23 24 25 26 27
28 29 30