In plaas daarvan om heel voedsel te eet - regte kos - bestaan die kontemporêre westerse dieet tipies uit meestal suiker, hoogs verwerkte graan, en 'n opeen gehoopde versameling van chemikalieë wat enige iets behalwe kos is. Tot 'n mate, is dit nie jou skuld nie.  Bygevoegde suikers word weg gesteek in 74 persent van verwerkte voedsel onder meer as 60 verskillende name, en hierdie kosse word noukeurig geskep in 'n laboratorium met een ding in gedagte...profeit.

As voedsel vervaardigers 'n wen-kombinasie van die bestanddele kan skep wat jou so lus maak dat jy nie kan ophou eet nie, beteken dit dat jy sal aanhou terugkom vir meer.  Soos "wonder werkers" skep hulle meer en meer van hierdie verfynde “kosse”, en dit is nie per ongeluk nie. Dr Howard Moskowitz, 'n voedselindustrie konsultant vir baie jare al, staan bekend as “Dr. Bliss.” As ‘n Harvard-opgeleide wiskundige, toets Moskowitz mense se reaksies om die “optimale” hoeveelheid suiker vir 'n produk te bepaal. Basies help hy hulle die 'Goue lokkies' sone van suiker, ongesonde vet, en sout vind wat jou kry om te ooreet en nog 'n sak of boks te koop, selfs al weet jy jy moet nie. Hy maak biljoene vir die suikerbedryf, en met slim bemarking wat jou nostalgies laat voel oor jou ouma se pampoen tert, en sodat jy nie uitmis op hierdie spesiale seisoenale lekkerny nie, eindig daar  nog 'n boks of twee in jou mandjie. Jy kan dit selfs rasionaliseer deur te fokus op die 'egte' vitamienes of graan of ander bestandeel wat dit bevat. Maar die enigste 'egte' ding oor 'n boks “Pop Tarts”, of feitlik enige ander suiker-belaaide verwerkte voedsel op die mark, is die feit dat dit stadig maar seker jou gesondheid sal skend. Die tipiese Westerse dieet bestaan uit sowat 20 teelepels suiker per dag, meestal versteek in verfynde kosse!

Beperk jou daaglikse inname van fruktose na 25 gram of minder van alle bronne, insluitend natuurlike bronne soos vrugte.  Dit is gelykstaande aan net meer as ses teelepels suiker in totaal per dag. 

Daar is oorweldigende bewyse dat hierdie oorbenutting van suiker vetsug en chroniese lewenstyl siektes - epidemies waarmee ons tans sukkel - bevorder, insluitende tipe 2-diabetes, hartsiektes, en Alzheimer’s. Soos hierdie voorbeelde van suiker navorsing:

  • ‘n Studie in muise, gepubliseer in die joernaal “Neuroscience”, het tot die lig gebring dat 'n hoë-suiker dieet gelei het tot veranderinge in die derm kanaal bakterieë, wat op sy beurt verband hou met 'n beduidende verlies van kognitiewe buigsaamheid, wat 'n maatstaf is van die vermoë van jou brein om aan te pas by veranderende situasies. Waardedalings in beide die langtermyn- en korttermyn-geheue was ook opgemerk.
  • ‘n Groep rotte is ‘n fruktose oplossing as drinkwater vir ses weke gegee, en dan getoets vir hul vermoë om hul pad te onthou binne 'n doolhof.  Die rotte gevoer met fruktose stroop het beduidende inkorting in hul kognitiewe vermoëns gewys - hulle het gesukkel om hul weg uit te onthou.  Hulle was stadiger en hul brein het 'n afname in sinaptiese aktiwiteite getoon. Hul breinselle kon nie met mekaar “praat” nie, wat die rotte se vermoë om helder te dink en gemaak het dat hulle die roete wat hulle ses weke vroeër geleer het nie kon onthou nie.
  • ‘n Studie, gepubliseer in die “Journal of the American Medical Association” (JAMA), het tot die gevolgtrekking gekom dat 'die meeste Amerikaanse volwassenes verbruik meer suiker as wat aanbeveel word vir 'n gesonde dieet,' en daar is 'n beduidende verband tussen bygevoegde suiker verbruik en verhoogde risiko vir kardiovaskulêre siekte sterftes. '  Die 15-jaar-lange studie, wat data insluit vir 31 000 Amerikaners, het gevind dat dié wat 25 persent of meer van hul daaglikse kalorieë as suiker verbruik is meer as twee keer meer geneig om te sterf aan hartsiektes as diegene wat minder as 10 persent van hul kalorië van suiker laat bevat.
  • Wanneer jy verfynde verwerkte suikers eet, aktiveer dit die produksie van jou brein se natuurlike opioïede - 'n belangrike bestanddeel in die verslawing proses. Jou brein raak in wese verslaaf aan die stimulering van die vrystelling van sy eie opioïede, soos dit met verbruik van morfien of heroïne sou maak.

Rotte wat blootgestel is aan suikerwater demonstreer al die kriteria wat nodig is om verslawing te diagnoseer: “binging”, onttrekking, drange, en verslawing oordrag (sowel as verslawing aan ander stowwe).

Suiker dryf ook inflammasie en raak feitlik elke aspek van jou gesondheid aan, van jou vel, jou gewrigte, jou hart, en selfs jou geslagsdele.

Verkort en vertaal vanaf:

http://articles.mercola.com/sites/articles/archive/2015/10/21/eating-sugar.aspx

Teken In

April   2024
S M D W D V S
  1 2 3 4 5 6
7 8 9 10 11 12 13
14 15 16 17 18 19 20
21 22 23 24 25 26 27
28 29 30