Liggaams massa indeks (Body mass index) is die algemene indikator wat vandag gebruik word om te bepaal of 'n persoon ondergewig, oorgewig of vetsugtig is.  Vasgestelde grafieke is op die internet beskikbaar en jy volg eenvoudig die grafiek met jou liggaams massa en lengte.  Op die punt waar hierdie twee syfers ontmoet, stel jy jou eie liggaams massa indeks vas:

Ondergewig =  18 en minder

Normaal = 18 - 25

Oorgewig = 25-30 

Vesugtig = 30 en meer

'n Ander manier om hierdie syfer te bepaal is met die volgende formule:

       Gewig      

Lengte x Lengte

 

Voorbeeld:

 

           67 kg         

1,68m x 1,68m

=

         67        

2.8

= 23.9

 

Daar is omstredenheid omtrent hierdie wyse omdat liggaamsbou oefeninge spiere bou en spiere meer weeg as vet.  Indien 'n persoon redelik aan die kort kant is en aan swaargewig sport deelneem, kan die liggaams massa indeks baie maklik so persoon klasifiseer as oorgewig of vetsugtig terwyl die persoon baie gesond, fiks en 'n baie lae persentasie vet besit.  Versekeringsmaatskappye kan baie maklik premie bedrae verhoog a.g.v. 'n hoë liggaams massa indeks getal wat nie noodwendig die persoon se algehele gesondheid akkuraat weerspieël nie.

 

Die oplossing ? =  Middellyf omtrek (Waist circumference)

Hierdie metode kos slegs 'n maatband mate van 'n dame se dunste gedeelte van die middellyf en 'n man se middellyf omtrek regoor die naeltjie.

Dames:

Normaal = 64 - 80

Oorgewig = 80 - 88

Vetsugtig = 88 en meer

 

Mans: 

Normaal = 87 - 94

Oorgewig = 94 - 102

Vetsugtig = 102 en meer

Hierdie metode skakel die spier massa verwarring uit.

 

 

 

Teken In

April   2024
S M D W D V S
  1 2 3 4 5 6
7 8 9 10 11 12 13
14 15 16 17 18 19 20
21 22 23 24 25 26 27
28 29 30