BYBELSTUDIE 1 ONDERWERP: DIE MILLENIUM MAN
TEMA STORIE: DANIEL 2:1-49

(Lees voor begin met studie)
(Die meer akurate “Afrikaanse Ou Vertaling” word gebruik vir die Bybelstudies)
(Die uitlegging van ‘n oeroue droom wat ‘n belanrike rol speel met betrekking tot die eindtyd)
***(Lees altyd eers die Tema Storie, dit gee gewoonlik ‘n idée van die onderwerp wat bestudeer word, maar in die geval is dit die studie self) (Bid vir leiding tydens die studie, moenie dat iets jou aandag aftrek nie)
I.f = Interesante Feit
I.f: Jerusalem en Babel is so 1500km uit mekaar, Die mense van daai tyd kon in ‘n dag ongeveer 25km per dag stap, dit sou beteken dat toe hulle weg gevoer was toe het hulle so 2 maande gestap Babel toe, mits daar geen onderbreking was nie.***


1. WAAROM HET GOD DIE BABELSE KONING DIE DROOM GEGEE?


DreamDaniel 2:26-29 Die koning het geantwoord en aan Daniël, wie se naam Béltsasar was, gesê: Is jy in staat om aan my die droom wat ek gesien het, en sy uitlegging bekend te maak? Daniël het in teenwoordigheid van die koning geantwoord en gesê: Die geheim waarna die koning vra, kan die wyse manne, die besweerders, die geleerdes, die waarsêers nie aan die koning te kenne gee nie. Maar daar is ‘n God in die hemel wat geheime openbaar, en Hy het koning Nebukadnésar bekend gemaak wat aan die einde van die dae sal gebeur. U droom en die gesigte van u hoof op u bed was dit: Wat u betref, o koning, u gedagtes op u bed het opgestyg oor wat hierna sal gebeur, en die Openbaarder van die geheime het u bekend gemaak wat sal gebeur.


***Let wel: 1. Die droom het sy onstaan by die Here en die uitleg van die droom is ook van die Here, daarom kan die wyse manne, besweerders, geleerdes, waarsêers nie die droom uitlê nie. Die vraag is dan of ons vandag op wyse manne, besweerders, geleerdes, en waarsêers kan staatmaak vir ons toekoms as hulle nie eers iets so eenvoudigs soos 'n droom kan uitlê nie. 2. Die droom wys wat gaan gebeur tot in die EINDE VAN DIE DAE, dit beteken tot en met Jesus se koms. 3. Koning Nebukadnesar het gewonder wat in die toekoms met sy koninkryk gaan gebeur en God het hom die antwoord gegee***


2. TOE DIE KONING SE RAADGEWERS NIE SY DROOM KON OPENBAAR EN UITLÊ NIE, WAT WAS NEBUKADNESAR SE OPDRAG?


Daniel 2:12 Hieroor het die koning... bevel gegee om al die wyse manne van Babel om te bring.
Nota: (Daniel 1:1,2,6 In die derde jaar van die regering van Jójakim, die koning van Juda, het Nebukadnésar,
die koning van Babel, na Jerusalem gekom en dit beleër. En die Here het Jójakim, die koning van Juda, in sy 
hand gegee, met ‘n gedeelte van die voorwerpe van die huis van God, en hy het hulle na die land Sínear gebring in die huis van sy god, en die voorwerpe het hy in die skathuis van sy god gebring. En onder hulle was uit
 die kinders van Juda: Daniël, Hanánja, Mísael en Asárja.)
***Daniel en sy vriende was deel van die “wysemanne”
I.f: Jerusalem het om en by die jaar 586BC gebrand tot die grond toe, toe Babel dit kom vernietig het. Datums is ook belangrik later want die Bybel profeteer tot die datums baie akuraat.***


3. NADAT DANIEL BEWUS GEWORD HET VAN DIE KONING SE OPDRAG, WAT HET HY AAN DIE KONING GEVRA EN WAT HET HY AAN SY VRIENDE GESÊ?

 

Daniel and friendsA: Daniel 2:16 Daarop het Daniël ingegaan en die koning versoek dat hy hom tyd moes gee om die uitlegging aan die koning te kenne te gee. 

B: Daniel 2:17,18 Toe gaan Daniël na sy huis en maak aan Hanánja, Mísael en Asárja, sy metgeselle, die saak bekend, en dat hulle barmhartigheid van die God van die hemel moes afsmeek oor hierdie geheim... 
***Hulle het besef net die God van die HEMEL kan hulle help, die SKEPPERS God. En die eerste ding wat hulle toe doen is? Gebed! 
I.f: Daniel beteken “God is my Regter”, Misael beteken “Wie behoort tot God”, Hananja beteken “Yahweh is Genadig”en Asarja beteken “Yahweh help”***


4. VIR WIE HET DANIEL GEPRYS EN KREDIET GEGEE TOE GOD DIE DROOM AAN DANIEL OPENBAAR?


Daniel 2:23,28 U, God van my vaders, loof en prys ek...daar is ‘n God in die hemel wat geheime openbaar...
***Daniel kon die krediet vir homself gehou het, maar tog het hy erkenning gegee aan God wat Hom gehelp het. Ons vergeet dit tog so gou in ons lewens, eenvoudige goedjies wat ons dink ons gedoen het, is parytmaal maar God se hand wat ons help.***


5. WAT SE TWEE VOORWERPE HET DANIEL GESÊ DIE KONING IN SY DROOM GESIEN HET?


BeeldA Daniel 2:31-33 n groot beeld; hierdie beeld was hoog, en sy glans was buitengewoon; dit het voor u gestaan en sy voorkoms was vreeslik. Wat die beeld betref, sy hoof was van goeie goud, sy bors en sy arms van silwer, sy buik en sy lendene van koper, sy bene van yster, sy voete gedeeltelik van yster en gedeeltelik van klei.
B Daniel 2:34 U het gekyk totdat daar sonder toedoen van mensehande ‘n klip losraak...


***(* Wat verteenwoordig ‘n klip? Onthou een belangrike ding, ons moet nooit ‘n antwoord buite die Bybel gaan soek nie, die Bybel verduidelik ALTYD homself.)
* (1 Korintiers 10:4 ....die rots was Christus.) (Mattheus 21:42-44 Die steen wat die bouers verwerp het, dit het ‘n hoeksteen geword. Hy het van die Here gekom en is wonderbaar in ons oë? Daarom sê Ek vir julle: Die koninkryk van God sal van julle weggeneem en aan ‘n volk gegee word wat die vrugte daarvan sal dra. En hy wat op hierdie steen val, sal verpletter word; maar elkeen op wie hy val, dié sal hy vermorsel.) (Psalm 62:2 Ja, my siel is stil tot God; van Hom is my heil. Hy alleen is my rots en my heil, my rotsvesting; ek sal nie grootliks wankel nie.) (Romeine 9:33 Soos geskrywe is: Kyk, Ek lê in Sion ‘n steen van aanstoot en ‘n rots van struikeling; en elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaam word nie.)
So die Klip wat Daniel in die koning se droom gesien het is Jesus/God. En die beeld wat hy gesien het?***


6. WAT VERTEENWOORDIG DIE HOOF VAN GOUD?


Daniel 2:37,38 U, o koning, koning van die konings, aan wie die God van die hemel die koningskap, die krag en die sterkte en die eer verleen het, ....ú is die hoof van goud.
***So Die goue kop van die beeld het koning Nebukadnesar en sy koningryk Babel verteenwoordig. Let ook op dat die Profesie begin nou in Daniel se tyd, met Babel.
 Babel het die wereld regeer van 612BC – 539BC
So hierdie Profesie is gegee so om en by 586 jaar voor Christus se geboorte.
I.f: Daar is 7 Wonders in die wereld waarvan 2 in Babel was: Die een was “The hanging Gardens, die ander was “The Ishtar Gate”. Die Eufraat rivier het onder deur die stad se mure gevloei, vars suiwer water reg deur die stad. Hulle beweer die stad was 100km in deursnee. Die mure om die stad was breed genoeg vir 4 strydwaens om langs mekaar te ry. Die koning se troon en Altar was 8.5 ton soliede goud. Die afgod “Marduk” se temple was 91m hoog.***


7. SAL DIE BABELSE KONINGRYK VEREWIG HOU?


Daniel 2:39 En ná u sal daar ‘n ander koninkryk opstaan, geringer as dié van u...


***Volgens geskiedenis en Daniel Hoofstuk 5 is dit reg, daar het ‘n koningryk na Babel gekom wat ook die wereld oorheers het. Dit was die Mede-Persiese koningryk. Die Bybel het 150 jaar voor Daniel deur ‘n ander profeet geprofeteer wat die uiteinde van Babel sal wees, nie net dit nie hy het die generaal op sy naam genoem wie die aanval teen Babel sal lei EN die wyse waarop hulle dit gaan doen. Ongelooflik. Kom ons kyk gou na dit, lees gou Jesaja 45:1 So sê die HERE aan sy gesalfde, aan Kores, wie se regterhand Ek gevat het om nasies voor hom neer te werp, terwyl Ek die lendene van konings losgord; om voor hom deure oop te maak, en poorte sal nie gesluit bly nie: Dit was die Meders Generaal Kores wat die weermag gelei het. Die Bybel sê dit al vir jare en die wereld het eers onlangs argeologiese vindings opgegrawe wat dit bevestig het. Dit sê ook Poorte sal nie gesluit word nie. Nou die storie gaan so, ons sien dit in Daniel 5. Dis nou 70 jaar na Daniel die droom uitgele het aan koning Nebukadnesar, Sy kleinseun en seun was saam konings oor Babel. Die kleinseun het agtergebly terwyl die pa weg was vir een of ander rede. Hulle het partytjie gehou met die ornamente wat uit God se tempel gekom het, wat Nebukadnesar destyds uit Jerusalem gebring het. Die Mede-Persiese weermag het buite hierdie enorme mure van Babel gestaan, maar kon nie inkom nie. Die Babelse koning was nie gepla nie, hulle het immers ‘n rivier gehad wat daar deur geloop het wat hulle sou voorsien van water, en dit word beweer dat hulle graan silos hulle vir nog 20 jaar aan kos voorsien het. Mede-Persie sou nie so lank buite kon wag nie. Terwyl Babel partytjie hou toe skryf ‘n hand van vuur teen die muur die volgende woorde: Mene, Mene Tekel Peres

Die koning het begin bekommerd raak en het nie geweet wat om te doen nie, hulle het toe onthou van Daniel nadat die wysemanne weereens nie dit kon uitle nie en hom laat kom. Hy het gese as Daniel hom kan help dan sal hy ook koning oor Babylon kan wees, maar Daniel het nie belang gestel nie want hy het geweet wat beteken dit. Mene: God het u koningskap getel en daar ‘n einde aan gemaak Tekel: u is op die weegskaal geweeg en te lig gevind. 
Peres: u koningskap is verdeel en aan die Mede-Perse gegee. Daai selfde oomblik toe lei Generaal Kores die rivier weg van die stad af in ‘n lee rivierbed in, en die hele weermag stap onder deur die mure van Babel, maar aan die binnekant was groot hekke, gelukkig het God deur sy profeet mos gese die hekke sal oopgemaak word deur Hom, en waarlik dit was so. Almal van die koninglikes is omgebring behalwe Daniel.
God voorspel verder in Jesaja 13:19-21 So sal dan Babel, die sieraad van die koninkryke, die trotse pronkstuk van die Chaldeërs, wees soos toe God Sodom en Gomorra omgekeer het. Mense sal daar in ewigheid nie woon nie, en dit sal van geslag tot geslag nie bewoon word nie; en die Arabier sal daar geen tent opslaan nie, en geen herders sal hulle vee daar laat lê en rus nie. Maar daar sal boskatte lê, en hulle huise sal vol uile wees; en volstruise sal daar hou, en veldduiwels daar rondspring.
Babel is gelee in vandag se Iraq, Saddam Hussein weet wat die Bybel sê en hy het probeer om God verkeerd te bewys, hy het beweer hy is Nebukadnesar ge-reïnkarneer en hy sal die stad herbou, hy het net begin toe val Amerika hom in met die Golf Oorlog van destyds. Na die oorlog het hy weer probeer, maar God se woord staan vas. Hy het gesê niemand sal ooit weer daar bly nie, en toe breek die Iraq oorlog aan waar Sadam op die ou ende die doodstraf gekry het.***


8. WAT SE METAAL SAL DIE KONINGRYK NA DIE MEDE-PERSIE VERTEENWOORDIG?

Daniel 2:39 ...daarna ‘n ander, ‘n derde koninkryk, van koper, wat oor die hele aarde sal heers;
***Die Grieke, die einste Alexander die Grote het Mede-Persie oorwin en vernietig in 331BC, en het toe die wereld regeer.***

 

 

 

 

 


9. WAT SE METAAL VERTEENWOORDIG DIE VIERDE KONINGRYK?


Daniel 2:40 en die vierde koninkryk sal hard wees soos yster...
***Die Romeinse Ryk het die Grieke in 168BC oorwin. Dit is ook die koningryk wat oorheers het toe Jesus gebore en gekruisig was. Daniel het meer as ‘n duisend jaar van ons geskiedenis profeteer nog voordat dit gebeur het, sonder enige foute daarin. Die begin en val van al vier koningryke – Babel, Mede-Persie, Grieke en Romeine – word akkuraat beskryf deur die Bybel en bevestig deur die Geskiedenis boeke.***


10. WAT SAL GEBEUR NA DIE VAL VAN DIE ROMEINSE KONINGRYK?


Daniel 2:41, 42 dit sal ‘n verdeelde koninkryk * wees... En dat die tone van die voete deels van yster en deels van klei is—’n gedeelte van die koninkryk sal hard en ‘n gedeelte sal bros wees.
* (10 Tone = 10 Koningryke)
***Rome was nie gebou in een dag nie, net so het hy ook nie geval in een dag nie. Dit het stelselmatig geval as gevolg van morele waardes wat verval het en nasies (Barbare) wat konstant van alle kante af Rome aangeval het. Rome is op die ou end opgedeel in 10 koningryke, naamlik:

  • Ostrogoths = Vernietig
  • Vandals = Vernietig

  • Heruls = Vernietig
  • Visigoths = Spanje

  • Franks = Frankryk
  • Alemannians = Duitsland
  • Sueves = Portugal
  • Anglo-Saxons = Engeland
  • Lombards = Italie
  • Burgundians = Switzerland

 Die 10 tone is die 10 koningryke wat by Rome oorgeneem het en wat tot vandag toe nog bestaan. Ongelukkig het 3 van hulle dit nie gemaak nie, maar daar is ‘n storie daaraan ook, maar dis vir ‘n ander dag. So van Rome af was daar nog nie weer ‘n nasie wat die wereld regeer het nie***


11. SAL DIE 10 KONINGRYKE OOIT DAARIN SLAAG OM TE VERENIG?


Daniel 2:43 Dat u die yster gemeng met kleigrond gesien het—hulle sal deur menslike gemeenskap onder mekaar vermeng raak, maar hulle sal nie aanmekaar vasklewe nie, net soos yster nie met klei meng nie.
***Dit se deur “menslike gemeenskap onder mekaar vermeng”. In die tydperk van die koningryke het hulle onder mekaar getrou, verbonde gesluit en al wat ‘n ding is, juis om te verenig. Die een koning het met ‘n ander koning se dogter getrou ens. Niks het gewerk nie. Die Bybel sê hulle sal nooit weer aan mekaar vasklewe nie. Charlemagne, Napoleon, Kaiser Wilhelm, Mussolini en Hitler het deur oorlog probeer om weer ‘n wereld krag op te rig, maar God het weereens klaar gepraat en hulle kon dit nie reg kry nie. Ons sien in die beeld dat as Babel die kop en begin is dan is die tone die einde. So God sê daar sal nooit weer ‘n wereld krag wees nie, nie voor Jesus se koms nie.
I.f: As ons so kyk na al die tipe minerale, sal mens oplet, Die kop was goud en Babylon. Babylon was omtrent mooi en gebou uit goud. Mede-Persie, die arms van silwer was minder mooi maar sterker, nes silwer sterker as goud is, en al die provinsies moes belasting in silwer betaal. Die onderlyf van koper weereens minder mooi maar sterker, en die Griekse uniform was grootliks uit koper. Die Romeinse ryk van yster; yster is sterker maar minder mooier, hulle wapens was weer uit yster, hulle was ook genoem die Yster Koningryk.
Die 10 Koningryke van vandag is yster en potterbakkers klei? Wat het ons vandag wat ons wereld sal defnieer deur yster en grys klei? Wel Konkryt. 
Yster stawe word vandag gelê in sement, en dit is ons bou material. Ook kry ons silikon uit sand en klei. In vandag se lewe is dit een van die mees gebruikte metale, veral in die elektroniese wêreld. Interesant.***


12. WIE GAAN DIE FINALE KONINGRYK OPRIG?


Daniel 2:44 Maar in die dae van dié konings sal die God van die hemel ‘n koninkryk verwek wat in ewigheid nie vernietig sal word nie...
Nota: (Mattheus 25:31-34 En wanneer die Seun van die mens in sy heerlikheid kom en al die heilige engele saam met Hom, dan sal Hy op sy heerlike troon sit; en voor Hom sal al die nasies versamel word, en Hy sal hulle van mekaar afskei soos die herder die skape van die bokke afskei; en Hy sal die skape aan sy regterhand en die bokke aan sy linkerhand sit. Dan sal die Koning vir die wat aan sy regterhand is, sê: Kom, julle geseëndes van my Vader, beërf die koninkryk wat vir julle berei is van die grondlegging van die wêreld af.)
***Let op, In die dae van die konings (Die 10 tone, 10 Koningryke, VANDAG se tyd) sal Jesus kom.***


13. WAT DOEN DIE KLIP AAN AL DIE ANDER KONINGRYKE?


Daniel 2:34, 35 ...sonder toedoen van mensehande ‘n klip losraak wat die beeld getref het aan sy voete van yster en van klei en dit fyngestamp het. ...die klip wat die beeld getref het, het ‘n groot rots geword wat die hele aarde gevul het.
Nota: (Openbaring 21:1 En ek het ‘n nuwe hemel en ‘n nuwe aarde gesien, want die eerste hemel en die eerste aarde het verbygegaan; en die see was daar nie meer nie.)
***‘n klip sonder toedoen van menshande? Ons weet reeds dit is Jesus. Jesus gaan kom en die wereld en sy koningryke kom en vernietig, en Hy gaan ‘n nuwe aarde maak.
I.f: waar lees ons nog van ‘n klip sonder toedoen van mensehande? Wel by die berg van Sinai toe God met Sy eie vinger die tien gebooie geskryf het. Eksodus 24:12 Toe sê die HERE vir Moses: Klim op die berg na My toe en vertoef daar, dat Ek jou die kliptafels kan gee en die wet en gebooie wat Ek geskryf het om hulle te onderrig.***


14. NA DANIEL SE DUIDELIKE UITLEGGING VAN DIE DROOM, WAT HET NEBUKADNESAR VAN GOD GESÊ?


Daniel 2:47 Die koning het Daniël geantwoord en gesê: Waarlik, julle God is die God van die gode en die Here van die konings en die Openbaarder van geheimenisse...
Nota: (1 Samuel 2:30 ...Maar nou spreek die HERE: Dit is ver van My; want die wat My eer, sal Ek eer; maar die wat My verag, sal veragtelik wees.)
***I.f: Baie bybelkundiges stem ooreen oor die feit dat Nebukadnesar ‘n gelowige geraak het oor die jare, hy het tot sy eie stukkie in die boek van Daniel waar hy self geskryf het. Gedeeltes van Daniel 4
. Daniel en sy vriende het belangrike poste gekry in Babilon (Daniel 2:48, 49). God gee altyd eer aan die wie Hom eer en eerste plaas. 1 Samuel 2:30 (Daarom spreek die HERE, die God van Israel: Ek het wel duidelik gesê: Jou huis en die huis van jou vader sal voor my aangesig wandel tot in ewigheid. Maar nou spreek die HERE: Dit is ver van My; want die wat My eer, sal Ek eer; maar die wat My verag, sal veragtelik wees.)***

Teken In

April   2024
S M D W D V S
  1 2 3 4 5 6
7 8 9 10 11 12 13
14 15 16 17 18 19 20
21 22 23 24 25 26 27
28 29 30