Kan ons in vandag se tyd nog in die Bybel GLO?

 

Oor die jare het die kritici baie te sê gehad oor die Bybel en wat daarin saamgevat is. Volgens hulle is dit nie 'n boek wat die waarheid praat nie en dus nie vertrou kan word nie. Die stories in die Bybel is net feëverhale wat neergeskryf is om ons morele lesse te leer, dus is die Bybel nie tot ons van toepassing nie.

Ek wil u uitnooi om net n bietjie na n paar feite rondom die Bybel te kyk en dan kan u, u eie opinie inneem.

 

Die Bybel

Die Bybel bestaan uit 66 boeke wat deur ongeveer 44 skrywers (waarvan somige konings, boere, ambagsmanne, wetenskaplikes, regsgeleerdes, owerstes, vissers, predikers, priesters, 'n belasting invorderaar, 'n dokter, sommige ryk, sommige arm) oor n tydperk van ongeveer 1500 jaar geskryf is. Hiervan is 22 van die boeke hoofsaaklik histories, 21 is grotendeels profesie, 21 in die vorm van briewe, en 2 is in die besonder poëties. Wat die Bybel egter besonders maak is die feit dat God beweer dat dit Sy boek geskryf aan die mens is. Daarby vorm die boeke van die Bybel 'n besonderse hegte eenheid in tema, naamlik die reddende liefde van God, regdeur al die boeke. In meer as 3000 plekke in die Bybel verkondig die Bybel dat dit die geïnspireerde woord van God is (2 Pet 1:21 bv.).

Bekommernisse

Verseker het die mensdom sekerlik rede om 'n bietjie skepties te wees oor die akkuraatheid en betroubaarheid van die Bybel. Ek bedoel, 'n boek so oud en soveel keer oor die jare al oorgeskryf met die hand, met geen digitale kopie gestoor nie, moet daar tog sekerlik foute wees. Daarom wil ek 'n paar feite gee.

Argeologie en die Bybel

Die Moabitiese steen / Mesha Stele

Moabitiese steleIn 1868 is hierdie merkwaardige gedenksteen gevind deur Frederick Augustus Klein naby Dibon in die Jordaan streek. Wat  hierdie steen  so merkwaardig maak is die feit dat die Moabitiese aanval en oorwinning oor Israel, waarvan in 2 Konings 1 & 3 gelees word, hierop aangeteken is. Die stele is ongeveer in die jaar 840 voor Christus opgerig deur koning Mesha van Moab. Dit vertel die storie van hoe Kemosh, die god van Moab eers baie kwaad was vir Moab, deur vir Moab onderdanig te maak aan Israel, maar hy het wel later terug gekom om vir Moab te help om die juk en las van Israel oor Moab te breek. So het Kemosh vir Mesha dan gehelp om teen Israel op te staan en ook hulle verlore grond terug te wen.

Wat n merkwaardig bevinding.

Die Lagis Briewe / "Lachish Letters"

Die klei skerwe met geskrewe woorde daarop is tussen 1932-1938 deur James Leslie Starkey by Lagis (Lachish) gevind. Die briewe bevat inligting en verslae van Hoshaiah aan sy opperbevelvoerder. Die briewe is heel waarskynlik geskryf net voordat Lagis (Lachish) teen die Babiloniese weermag geval het. Dit was geskryf in die jaar 588/6 voor Christus toe Nebukadnésar koning oor Babilon was en Sedekía koning oor Juda was (Jerimia 34:7). Hierdie klei skerwe bevestig die inval van Juda met al die oorblywende stede van die Jode, deur Nebukadnesar. 

Die Dooie See Rolle

Oorspronklik ontdek deur skaapwagters in die Qumran area naby die Dooie See tussen 1946 en 1947. Nadat die waarde van die ontdekking bekend geword het, is Argeoloë na die omgewing om verdere ondersoek en ontdekkinge te maak. Die Dooie See Rolle is in 'n reeks van 11 grotte ontdek en maak vandag kollektief 981 rolle en fragmente uit. So is dan al die boeke van die Ou Testament, of fragmente van die boek, gevind wat vandag as n getuie staan dat die Bybel wat ons vandag het en lees akkuraat en betroubaar is. Daar is n groot konsensus dat die Dooie See Rolle uit die era ± 150 jaar voor Christus tot ± 100 jaar na Christus dateer. Hierdie bevindinge word deur middel van radio datering gedoen en bevestig deur brons muntstukke wat ook in die grotte gevind is.

Die Kores Silinder

 Die Kores silinder vertel en bevestig die Bybelse verhaal van hoe hy die Babiloniese koninkryk oorwin het en hoe hy uiteindelik al die volke wat in ballingskap weggevoer was, insluitende die Joodse volk, weer vry laat gaan het om terug te trek na hulle eie land en selfs die Tempel en later die stad Jerusalem weer op te bou.

 

Bybelse Profesieë

Behalwe vir die bogenoemde argeologiese argumente en vele ander wat nie hier genoem is nie, is daar ook Bybelse profesieë wat as bewysstukke aangebied kan word. Kom ons kyk na n paar van hulle.

Babel:  In Jesaja 13 lees ons dat God deur Jesaja Babilon se ondergang en vernietiging profeteer. Wat die boek Jesaja merk waardig maak is dat Jesaja se bediening ongeveer 742 - 680 voor Christus plaas gevind het. Jesaja se naam beteken "redding van Yahweh" of "Yah red." Die redding van God is dan ook die tema van die boek Jesaja. Jesaja was die seun van Amos en hy was heel moontlik verwant aan die koninklike familie. Sy bediening het plaas gevind in die koningskappe van Ussia, Jotam, Agas, Hiskia, en Manasse. Babilon het Jerusalem in die jaar 586 vC oorwin en is self, soos voorspel deur Jesaja, deur die Mediërs in 539 vC oorwin. Dus het Jesaja tot 200 jaar voor Babilon se val dit voorspel. Verder het die Here ook van Sy dienskneg Kores die Grootte geskryf en voorspel in Jesaja 44:24 - 45:8. Kores is die gekose instrument wie die Here sou gebruik, en wie die Here gebruik het om Babilon se val te bewerkstellig. 150 - 200 voor Kores geleef het, het God hom by sy naam geroep, het God voorspel dat Babilon se koper en yster hekke wat die ingang vanaf die Eufraat rivier moes beskerm, nie gesluit sal wees nie. Dit is dan ook hoe Kores toegang tot die stad gekry het. Hy het die Eufraat rivier se loop verlê en toe die water vlak in die rivierbedding opdroog, het hy en sy weermag deur die rivier poorte in die stadsmuur, vrylik, tot binne die stad geloop sonder dat hulle opposisie gekry het.

Alexander builds road to TyreTirus: In Esegiël 26 spreek die Here 'n merkwaardige profesie. Hier profiteer die Here deur Esegiël die vernietiging van Tirus, maar die Here profeteer nie net dat Tirus vernietig sal word nie, maar dat Tirus heeltemal in die see gewerp sal word en n skoongevee rots sal wees waar vissers hulle nette sal droog maak.

Die stad Tirus was in twee gedeeltes, 'n gedeelte wat op die vasteland gebou was en 'n gedeelte wat op n naby geleë eiland gebou was. Nebukadneser het die gedeelte op die vasteland in 585 - 572 vC beleer en verwoes. Gedurende hierdie tyd het die inwoners na die eiland gevlug en daar voort geleef tot Alexander die Grootte op die toneel verskyn het. In 333 - 332 vC het Alexander die stad weer beleer. Omdat Tirus nou op die eiland was het Alexander al die afval en oorblyfsel van die ou stad op die vasteland gevat en in die see gegooi en sodoende 'n pad na die eiland gebou en dit so oorwin. Dus is die profesie van God op 'n baie merkwaardige manier vervul en vandag is daar niks van die ou stad oor nie en word dit deur vissers gebruik om hulle nette droog te maak.

Hierdie is maar net n paar voorbeelde van hoe betroubaar die Bybel is. Ons kan nog vele voorbeelde gee, maar ons sal nie genoeg spasie op hierdie webblad het nie. Ek hoop ek kon u ietsie van die Bybel en die se betroubaarheid wys en ek hoop u sal meer belang stel om dit meer te bestudeer om sodoende die ware God van die heelal beter te leer ken. 

 

Teken In

April   2024
S M D W D V S
  1 2 3 4 5 6
7 8 9 10 11 12 13
14 15 16 17 18 19 20
21 22 23 24 25 26 27
28 29 30